
Hoe eensaam
die mens
wat denk hy's god
hoeveel engele
moet hy in diens neem
om dit self te glo
hoeveel handlangers
mooipraters
gatkruipers
hoeveel slapelose nagte
wagtend op die aanslag
van die vyand
wat hy self is
Stef Bos








JMdW